Buenos Aires

Ciudad Autónoma de
Buenos Aires
Outonome Stad Buenos Aires

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Argentinië Argentinië
 Koördinate 34°36′S 58°23′W / 34.600°S 58.383°W / -34.600; -58.383
 Deur Pedro de Mendoza gestig op 2 Februarie 1536
 Deur Juan de Garay gestig op 11 Junie 1580
 Oppervlakte:  
 - Totaal 203 vk km
 - Stadswyke 48
 Hoogte bo seevlak 25 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2021-skatting) 3 003 000
 - Bevolkingsdigtheid 14 793/vk km
 - Metropolitaanse Gebied 15 624 000
 - Ongeletterdheid 0,45%
 Tydsone UTC-3 (ART)
 Somertyd UTC -2 (ARST)
 Burgemeester Jorge Macri (PRO-JxC)
 Amptelike webwerf buenosaires.gob.ar

Buenos Aires (Spaans: [ˈbwenos ˈajɾes], ), amptelik die Outonome Stad Buenos Aires (Ciudad Autónoma de Buenos Aires), is die hoofstad en ekonomiese, kulturele en nywerheidsentrum van Argentinië, ná Meksikostad die tweede grootste Spaanssprekende stad ter wêreld en die vierde grootste stad in die Amerikas (ná São Paulo, Meksikostad en New York),[1] met 'n bevolking van drie miljoen in die Distrito Federal (203 km²) en 15,6 miljoen in die metropolitaanse gebied (Gran Buenos Aires) met 'n oppervlakte van 4 758 km². Buenos Aires beteken “gunstige winde”, 'n ou skeepvaartterm vir winde wat voordelig is vir seilskepe.

Nasa-satellietbeeld van die Río de la Plata, met Gran Buenos Aires aan die regterkant en links bo Montevideo, Uruguay

Die stad is aan die mond van een van die grootste riviere ter wêreld, die Río de la Plata (Silwerrivier), geleë. Aangesien Gran Buenos Aires sowat 'n derde van die Argentynse bevolking en ook die meeste belangrike instellings en hoofkwartiere van ondernemings huisves, oorheers sy ekonomie die res van die land.

Danksy talle winkels en boetieks, sy pragtige argitektuur, 'n ryk kulturele lewe, uitstekende restaurante en kosmopolitiese bevolking van oorwegend Italiaanse, Spaanse, Franse, Duitse, Engelse, Oos-Europese, Arabiese en Asiatiese herkoms staan Buenos Aires ook as die Parys van die Suide bekend. Die stad is een van die mees Europese van Suid-Amerika en ook die Suidelike Halfrond en het sy Goue Era in die tydperk tussen 1880 en 1920 beleef, toe Argentinië danksy ongekende ekonomiese groei tot een van die tien welvarendste lande wêreldwyd ontwikkel het. Buenos Aires het destyds nuwelinge uit Europa gelok wat hier 'n beter heenkome probeer vind het.

  1. (en) Verenigde Nasies (2019). "World Urbanization Prospects 2018" (PDF). Besoek op 10 Oktober 2021.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search